Hoogduitse tale Hoogduitse dialekte
| |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Middel- en Suid-Duitsland, Liechtenstein, Luxemburg, Noord- en Sentraal-Switserland, Oostenryk, Pole, Elsas en Suid-Tirool |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Germaans Hoogduitse tale |
Onderafdelings: | |
Die Hoogduitse tale is 'n onderafdeling van die Wes-Germaanse tale Nederduits (Wes-Germaans) Nedersaksies (Wes-Germaans) Middelduits (Wes-Germaans) Opperduits (Wes-Germaans) Anglies (Anglo-Fries, Wes-Germaans) Fries (Anglo-Fries, Wes-Germaans) Oos-Noord-Germaans Wes-Noord-Germaans Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale skei |
Die Hoogduitse tale of Hoogduitse dialekte (Duits: Hochdeutsch) is enige van die varieëteite van Standaard Duits, Luxemburgs en Jiddisj sowel as die plaaslike Duitse dialekte wat in sentraal en suidelike Duitsland, in Oostenryk, in Liechtenstein, in Switserland, in Luxemburg en in naburige dele van België, Frankryk (Elsas en noordelike Lotaringe), Italië en Pole gepraat word. Dit word ook in voormalige koloniale nedersettings soos byvoorbeeld in Roemenië (Transsilvanië), Rusland, Verenigde State en Namibië gepraat.
"Hoog" verwys na die bergagtige dele van sentraal en suidelike Duitsland en die Alpe, teenoor Nederduits wat 'n die plat kusgebiede van die noorde gepraat word. Hoogduits kan onderverdeel word in Opperduits en Middelduits (Oberdeutsch, Mitteldeutsch).
Die Duitse term Hochdeutsch word ook losweg gebruik, maar nie deur taalkundiges nie, om na standaard geskrewe Duits te verwys in teenstelling met die dialekte, omdat die standaard taal uit Hoogduits eerder as Nederduits ontwikkel het.